Hoërskool Noordheuwel is 'n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop en waar almal passievol en dinamies na hoër hoogtes streef. Die hoërskooljare is belangrike vormingsjare, waartydens talente en vaardighede ontwikkel en geslyp word. Geestelike en kreatiewe horisonne word hier verbreed. in 'n poging om gelukkige jongmense tot gelukkige, selfstandige volwassenes te transformeer. Benewens moderne tegnologie in die klaskamers, word geriewe van hoogstaande gehalte oral op die terrein benut om leerders se potensiaal maksimaal te ontgin. Personeel is deeglik daarvan bewus dat 'n klaskamer slegs 'n struktuur met vier mure daaromheen is - MET HUL TOEKOMS DAARBINNE. Hulle is gemotiveerd en toegewyd om 'n verskil in die jongmense se lewens te maak, sodat hulle na 'n blink toekoms kan uitsien. Akademie is ons prioriteit. Sport ons passie en Kultuur ons trots. Dr JAC Fourie